NG Kerk Knysna
Sedert 1851Kontak Ons  
NG Gemeente Knysna :: Leef Sy Liefde



Kliek hier onder vir meer inligting

  • Ons Gemeentenuus Verskyn Elke Sondag gedurende Skoolkwartale Kliek Hier vir Die Nuutste Trompetter
  • Die laaste 10 Trompetters is in Argiewe elders op hierdie webwerf
  • Hoe lees jy jou Bybel? Hoor jy regtig wat God sę? Lectio Divina sal jou help Kliek hier
  • Tienerkamp 20 Oktober 2012. Besonderhede later.
  • Publieke gespreksforum oor die Belydenis van Belhar by http://belydenisvanbelhar.co.za/
  • Vordering met die gesprekke oor hereniging tussen die NG Kerk en die VGK en ander kerke. Lees Meer
  • Huisgodsdiensmateriaal PAASWEEK Lees Meer

Lize Beekman is ‘n begaafde liedjieskrywer. Sy skilder met woorde en met haar kitaar in die hand, sal sy jou saamneem op ‘n nuwe reis deur ou hartkamers. Sy word al vir jare geken aan gehalte luistermusiek wat blywend is. Haar vertoning by die Knysna Oesterfees sal haar aanhangers se gunstelinge insluit asook nuwe liedjies uit haar pen wat onlangs vrygestel is op haar nuwe album “Ek het jou Lief”.

R95 PP Rye A-N | R70-90 PP Rye O-Z
Bespreek by Computicket www.computicket.co.za | www.computicket.mobi of by
"The Meeting Place" net buite Pick & Pay in Woodmill Lane, Knysna


Lees Meer oor ons pinksterreeks wat Sondag 20 Mei in die NG Kerksaal, Fichat st 32, Knysna, begin.
Die aanbieder is Dr. Danië de Wet

OM KERK TE WEES!

Die NG Kerk van Knysna bestuur "Kerk-wees" aksies soos Barmhartigheid en Getuienis. Lees Meer.
Ons uitreikprojekte om armes se nood te verlig beteken baie vir hierdie mense. Ons kanaliseer fondse na hierdie projekte en voer só Jesus se opdrag aan Sy kerk gehoorsaam uit! Die nood is egter groter as wat ons met ons beperkte fondse kan hanteer!
Om self betrokke te raak, kan JY begin deur finansieel by te dra tot hierdie fondse. Deponeer jou bydrae in die rekening hieronder. Merk dit "Vir Barmhartigheid" of "Vir Getuienis" met jou naam daarby (as jy wil).
Ons Bankbesonderhede is as volg: NG Kerk Knysna ABSA Tjek rek no. 4049013452, Takkode 632005
Jy kan ook jou tyd vir hierdie saam gee! Kom meld aan vir diens - Jesus kan JOU gebruik!
Vir Navrae Lees Meer.


Besluite van Die Algemene Sinode van die NG Kerk oor:
  • Die Doop
  • Die Bediening van Bevryding
  • Die Huwelik en Saamwoon
  • Kerkhereniging
  • Die Belydenis van Belhar
  • Restitusie
  • Welvaartsbelasting


Volg elke week julle “Rus/Hoor/Leef”- patroon:
Rus - vertel vir mekaar waarmee die Here besig is in jul lewens en bid dat God met julle sal praat;
Hoor – lees die gedeelte en praat daaroor;
Leef – gesels oor hoe julle gaan reageer op wat julle gehoor het.


Kategese program vol nuwe dinge!

Op Sondag 15 Januarie het die kategese groepe vir die eerste keer hierdie jaar bymekaar gekom en ons sien uit na ‘n jaar waar ons meer leer oor die Woord van God, Sy liefde vir ons en ons antwoord op Sy liefde. Soos in die verlede maak ons gebruik van verskillende handleidings vir die kleuterkerk, junior- en senior kategese, sowel as die Belydenisklas. Ons is veral opgewonde oor ‘n nuwe toevoeging tot hierdie reeks handleidings, naamlik “Faceboek – Vriende van God”. Dit is gerig op tieners en sal gebruik word by die senior kategese. Hier is die goeie nuus: die kerkraad voorsien gratis ‘n boek aan elke tiener in die senior kategese!
    e-pos: info@ngkerkknysna.co.za Website by s˛ Web Solutions